Seychelles, Saint Anne Resort and Ephelia,15 Jul 2016

Hi Lizelle

Dit was baie lekker gewees. Die enigste slegte gedeelte van die honeymoon was toe ons moes terug kom… Albei oorde was besonders gewees.

By Constance Ephelia kon ons maklik op Mahe rondtoer deur ‘n cab te huur vir die dag waar die drywer ons rondry en al die interessante plekke op Mahe wys. Ons kon self per voet gaan stap buite die resort en nuwe plekke ontdek.

Dit was ‘n baie lekker oord gewees met uitstekende diens en die ontbyt en aandete buffets wat ingesluit is was baie lekker.

As ons moet kies sou ons se Sainte Anne was die beste van die 2 oorde gewees. Dit is meer ruim en meer privaat, veral omdat ons ons eie klein erfie en swembad gehad het. Die buffet restaurant waar ons 3 maal ‘n dag kon eet was ook beter uiteengesit met die groot swembad regs langs dit. Die kelners se diens was ook beter daar. Dit was lekker gewees om op die oord se strande te loop en om die aktiwiteite te doen wat verniet was, soos bv. om op ‘n boot uit te gaan en te gaan snorkel en op die see te gaan kayak. Die spa was ook baie lekker gewees by albei oorde.

Die 1 voorstel was ek kan gee wat dit beter, of meer gerieflik sou maak is om slegs 1 reis agentskap te gebruik. Aangesien ons by Creole en Masons was, moes ons met albei se verteenwoordigers by die oorde reel en reis tye bevestig. Dit sou makliker gewees het as ons alles by 1 agentskap kon gehad het.

Algeheel was daar geen probleme gewees nie en ons het dit vreeslik baie geniet. Ek dink nie ons kon ‘n beter honeymoon gehad het as by Seychelles nie. Baie dankie vir die pakket wat jy vir ons gereel het.

Sien aangeheg ‘n paar highlights van ons honeymoon.

Baie lekker

Read more reviews about