Zanzibar – My Blue Hotel – December 2017

Hallo Just Honeymoons

Ek voel baie sleg. Ek sien dat my email wat ek aan jou gestuur het oor my terugvoering het nooit deur gegaan nie! So ek is jammer dat jy nou eers van my af hoor.

Ek wil baie dankie sê vir jou dat jy so lekker honeymoon gereel het. Dit was baie spesiaal ne vreeslik lekker! Dis net ‘n jammer die tyd wou nie stil staan nie!

Die verblyf by My Blue was baie lekker. Ons het heerlik gebly, die kos was baie lekker en die staff was ongelooflik vriendelik. Almal in Zanzibar wou net help en seker maak dat ons die tydjie daar geniet. Dit was nogal vir my besonder gewees dat hulle so vriendelik en hulpvaardig was.

Baie dankie vir jou puik diens!! Jy is baie goed in wat jy doen. Jy het alles baie mooi beplan en dit was vir ons baie maklik om dit net te geniet. Al het ek soms op my senuwees geword oor alles het jy my mooi kalm gemaak en kon ek agter kom ek moet dit eerder net geniet. Jy het alles net vir ons soveel makliker gemaak.

Ek wil net noem dat ons het so klein probleempie opgetel langs die pad. Toe ons in Johannesburg kom van Kaapstad af en moes board vir die vlug Kenia toe, het hulle vir ons en baie ander mense gesê dat die vlug reeds vol is en dat ons ‘n ander vlug moet neem. Ek dink omdat ons amper voor in die ry gestaan het kon sy oons nog help maar die ander mense moes ‘n ander vlug later neem. Hulle het eers vir ons gesê dat die vlug vol is omdat Kenia Airways besluit het om ‘n kliner vliegtuig te gebruik. Ek het toe met die dame gesels en haar mooi laat verstaan dat ons nie ‘n ander tyd gaan vlieg nie en dat sy vir ons plek moet kry op die vliegtuig. Ek weet nie wat sy gedoen het nie maar sy was ‘n tydjie besig op die telefoon en op die rekenaar en het toe vir ons ‘n plek op die vliegtuig gekry. Dit was die enigste “probleem”op ons honeymoon.

Weereens baie dankie vir al die moeite en die reel van ‘n baie spesiale honeymoon. Ek sal definitief weer van jou dienste gebruik maak om ‘n trip te reel iewers in die toekoms.

Vriendelike groete

Henco

Read more reviews about

Book at this resort ...